×

VolksbladNuus's video: Jagseisoen met messe lewer en n Martini-Henry-geweer geopen

@Jagseisoen met messe, lewer en 'n Martini-Henry-geweer geopen
AANGETREK vir die veld, gewapen met jagmesse en ná 'n skoot met 'n Martini-Henry-geweer, het sowat 80 jagters, natuurbewaarders en wildsplaaseienaars aangesit by die eerste jagbanket om die jagseisoen, wat in Mei begin, amptelik te open. Dit is die eerste geleentheid in sy soort hier en die organiseerders hoop om die jagseisoen nou jaarliks met dié banket te open. Die gaste is eers met 'n trompet na die "jagveld" geroep waar Sirkie Pieterse (wat met die grootjagtrofee vereer is) 'n skoot met 'n ou Anglo-Boereoorloggeweer geskiet het om die seisoen te open. Daarna is 'n lewer-voorgereg voorgesit. 'n Eerstekeerjagter eet tradisioneel die lewer van die dier rou in die veld. Vir die tweede gereg het Marie Lombaard, van De Oude Kraal, wildsvleissop met gerookte gemsbok en 'n groen takkie voorberei. Die groen takkie dui daarop dat 'n jagter respek aan die dier wat hy skiet, moet betoon. Dit kom uit 'n Duitse tradisie waar die jagter groenigheid in die dooie bok se bek sit as sy laaste maaltyd. Die derde gereg was 'n biltongtertjie. Dit simboliseer wat met 'n bok gebeur nadat hy geskiet, sy lewer geëet en daar respek aan hom betoon is . . . hy word biltong. Die wildsvleissosatie, -pasteitjie en -fillet wat as hoofgereg bedien is (en met jagmesse geëet moes word), moes die bedryf daaraan herinner om ook ander snitte van 'n bok te geniet. Die ete is afgesluit met tradisionele melkkos en 'n rooiwyn-gemarineerde peer. Dr. Braam Joubert se stories in die tent oor jag en leeus in die destydse Rhodesië het menige se hare laat regop staan en manne tot laat tussen die gange laat skaterlag. Jonathan Crowther van die Bloemfonteinse tak van die Suid-Afrikaanse Jagters-en-wildbewaringsvereniging, het gesê hulle wil belanghebbendes in die bedryf by die geleentheid betrek om etiese jag te bevorder, volhoubare jagpraktyke te beklemtoon en om natuurbewaring voorop te stel. Ná die ete is jagpakkette en ander interessanthede opgeveil.

1

0
VolksbladNuus
Subscribers
2.5K
Total Post
369
Total Views
208.3K
Avg. Views
4.2K
View Profile
This video was published on 2014-04-21 18:17:12 GMT by @VolksbladNuus on Youtube. VolksbladNuus has total 2.5K subscribers on Youtube and has a total of 369 video.This video has received 1 Likes which are lower than the average likes that VolksbladNuus gets . @VolksbladNuus receives an average views of 4.2K per video on Youtube.This video has received 0 comments which are lower than the average comments that VolksbladNuus gets . Overall the views for this video was lower than the average for the profile.

Other post by @VolksbladNuus